Krieket / Cricket
Ons hou van Krieket!
Onze Rust Primêre Skool se krieketspanne neem tans deel aan die B-liga.
Die skool beskik oor ‘n Gr 1 en Gr 2 spannetjie, ‘n o/9 A span, o/11 A en B – span en ook ‘n o/13 A en B –span. Die kinders geniet hulle krieket geweldig baie, en vaar baie goed op alle ouderdomsvlakke.
Ons het die laaste paar jaar verskeie belowende spelers opgelewer wat gekies was vir die Suid-Vrystaat en Vrystaatspanne. Die skool beskik oor goeie afrigters, oefenfasiliteite en velde.
